| 'n Man van God gestuur |
Hierdie is die outobiografie van Dr. Willie Marais. Dr. Willie Marais is in Christiana gebore op 5 Mei 1929. In 1949 verwerf hy sy B.A.-Admissie graad aan U.K.O.V.S en in 1953 word hy gelegitimeer aan die Kweekskool te Stellenbosch. Op 3 April 1954 word hy georden as predikant van die Bosmanstraatkerk Pretoria. 1969 verwerf hy 'n D.D.-Graad aan Unisa. Hy bedien sewe gemeentes te wete: Pretoria Odendaalsrus Brixton Olifantshoek Krugersdorp Bloemfontien en Pretoria-oos. In 1981 word hy Besturende Direkteur van T.W.R (RSA) en op 1 Augustus 1983 Predikant in die Sinodale diens Ampsbediening en evangelisasie vir Noord-Transvaal.Hy is getroud met Maryna Otto. Uit die huwelik is drie kinders gebore en vyf kleinkinders. Dr. Marais is skrywer van 46 boeke en honderde artikels brosjures pamflette en traktaatjies. Een van sy boekies: "Die Heerlikheid van Ons Verlossing" is reeds in 26 tale vertaal en word dwars oor die węreld versprei. Dr. Marais behartig 'n weeklikse radioprogram vir Radiokansel. Hy het in Mei 1994 met eervolle ontslag afgetree maar is nog steeds byna voltyds besig met optredes en diensreekse in gemeente op uitnodiging. Hy tree nie net in die N.G. Kerk op nie maar daar is verskeie ander kerke wat van sy dienste gebruik maak. Hierdie is die outobiografie van Dr. Willie Marais. Dr. Willie Marais is in Christiana gebore op 5 Mei 1929. In 1949 verwerf hy sy B.A.-Admissie graad aan U.K.O.V.S en in 1953 word hy gelegitimeer aan die Kweekskool te Stellenbosch. Op 3 April 1954 word hy georden as predikant van die Bosmanstraatkerk Pretoria. 1969 verwerf hy 'n D.D.-Graad aan Unisa. Hy bedien sewe gemeentes te wete: Pretoria Odendaalsrus Brixton Olifantshoek Krugersdorp Bloemfontien en Pretoria-oos. In 1981 word hy Besturende Direkteur van T.W.R (RSA) en op 1 Augustus 1983 Predikant in die Sinodale diens Ampsbediening en evangelisasie vir Noord-Transvaal. Hy is getroud met Maryna Otto. Uit die huwelik is drie kinders gebore en vyf kleinkinders. Dr. Marais is skrywer van 46 boeke en honderde artikels brosjures pamflette en traktaatjies. Een van sy boekies: "Die Heerlikheid van Ons Verlossing" is reeds in 26 tale vertaal en word dwars oor die węreld versprei. Dr. Marais behartig 'n weeklikse radioprogram vir Radiokansel. Hy het in Mei 1994 met eervolle ontslag afgetree maar is nog steeds byna voltyds besig met optredes en diensreekse in gemeente op uitnodiging. Hy tree nie net in die N.G. Kerk op nie maar daar is verskeie ander kerke wat van sy dienste gebruik maak. ' Prys: R 105 Deur Dr Willie Marais ISBN: 1868153703
|