Die Boodskapper Boek Klub
Die Boodskapper Boek Klub
'n Unieke plan vir jou stiltetyd.
Maak jou verhouding met die Here Jesus Christus jou beste verhouding ooit. Gebruik die heel beste instrument wat die tot jou beskikking gestel kan word – die Boodskapperboekies.
Jy kry elke maand 'n splinternuwe dagstukkieboek deur die pos wat vanuit die Bybel met jou praat. Elke maand het jou boek 'n nuwe onderwerp wat deur 'n ander skrywer hanteer word. Jy ontvang 'n kwaliteit boek, in hardeband gebind wat jy ook as 'n geskenk vir iemand kan gee. Jou maandelikse boek kos slegs R49.50.
Die skrywers wat jou in jou stiltetyd lei, is onder andere Arno Meiring, Marius Nel; Ampie Barnard, Eric Stander, Sophie Muller, Johann Boshoff en Ruben van Eijk. Die onderwerpe bring vernuwing en verhoog jou lewenskwaliteit. Deur die Boodskapperboekklub word jou gebedslewe 'n avontuur met die Here wat jy vir niks anders wil prysgee nie.
Skryf nou in en word deel van hierdie unieke plan van jou stiltetyd.













